2010-6-18
 Garnett Parkin Springs kaptein..JPG Springs se kaptein Garnett Parkin is terug in die tuig vir Saterdag se stryd teen die Wolwe op die Hoërskool Jeugland se velde nadat hy verlede naweek se katastrofe teen Vereeniging misgeloop het.
Parkin neem die kapteinskap oor by sy stutmaat Pierre Foord en agter is daar twee posisionele skuiwe gemaak met die hoop dat dit die naweek beter gaan.
Die heelagter en losskakel Charl Nieuwenhuis en Dawie van Nieuwenhuizen ruil plekke en Armand Steynvaart en Dieter de la Port ook om die De la Porte-senterkombinasie te breek.
Springs is op volle sterkte vir die stryd teen die Wolwe en kan nie bekostig om weer net op te daag nie en nie as individue te speel nie.
Al die staatmakers behalwe Leon Lubbe, wat in Australië is, is terug in die tuig maar Tobie Strydom het al bewys hy is beter as die gewone plaasvervanger.
Springs vs. Wolwe: Charl Nieuwenhuis; Dieter de la Port, Armand Steynvaart, Dawid de la Port, Tobie Strydom; Dawie van Nieuwenhuizen, Rudi Kloppers; Adriaan Klopper, Louis Otto, Theo Becker, Jaco Pepler, Morné Steenkamp, Garnett Parkin ©, Riaan Botha, Pierre Foord.
|