2010-7-27
Giteau-Barnes begin
Matt Giteau lê aan pale toe - Foto: Gallo Images

Die Wallaby-afrigter Robbie Deans het teruggeval op die Matt Giteau-Berrick Barnes-kombinasie vir Saterdag se Bledisloe en Drienasietoets teen die All Blacks in Melbourne.

Deans het Giteau op losskakel en Barnes op binnesenter in sy eerste toets in beheer van die Australiërs in 2008 gekies. Dié veranderinge is genoodskaak deur die tweetoets-skorsing van die towenaar Quade Cooper.

Giteau het in al vier toetse vanjaar binnesenter gespeel en Barnes het nog net een keer in dié posisie op toetsvlak uitgedraf. Net Stephen Larkham (87) en Michael Lynagh (64) het in meer toetse op losskakel as Giteau (38) gespeel.

In die ander verandering aan die beginspan begin Stephen Moore weer op haker ten koste van Saia Faingaa, wie se broer Anthony saam met hom op die bank sal wees nadat hy Barnes vervang het.

Die flank Matt Hodgson is ook weer terug op die bank nadat hy van ‘n besering herstel het.

Wallabies vs. All Blacks: Adam Ashley Cooper; James O’Connor, Rob Horne, Berrick Barnes, Drew Mitchell; Matt Giteau, Will Genia; Richard Brown, David Pocock, Rocky Elsom ©, Nathan Sharpe, Dean Mumm, Salesi Ma’afu, Stephen Moore, Benn Robinson. Reserwes: Saia Faingaa, James Slipper, Rob Simmons, Matt Hodgson, Luke Burgess, Anthony Faingaa, Kurtley Beale.