2010-7-26
 Yssel Swanepoel vir die SA Onder 19-span - Foto: Gallo Images Die Universiteit van Johannesburg het die Witsies Saterdag op Milpark 52-16 geklop met die slot Yssel Swanepoel en sy agttal wat vyf van die agt drieë gedruk het.
Die veelsydige Ryno Luus het ook op vleuel ‘n groot bydrae gemaak en dit wil lyk asof hy uiteindelik sy posisie gevind het. Luus het halftyd op vleuel speelkans gekry nadat Jannie Boshoff weer las van sy dyspier ondervind het.
Swanepoel, ‘n voormalige SA Onder 19-speler, het twee drieë gedruk en die nommer-vier-trui nou sy eie gemaak. Hy, die haker Alfred Ries en die flanke JP Janse van Rensburg en Hennie Kilian het elk ‘n drie gedruk.
Die heelagter Earl Lewis het ook sy beste vertoning van die seisoen gelewer net betyds vir Dinsdag se groot stryd teen Pukke.
Chris Erasmus het op skrumskakel begin en waardevolle speeltyd gekry.
Punte:
UJ: Drieë: Yssel Swanepoel (2), Alfred Ries, JP Janse van Rensburg, Hennie Kilian, Gary Collins, Earl Lewis, Jannie Boshoff. Doelskoppe: Lewis (3), Ryno Luus (2), Clint van Niekerk. |