2010-8-2
Florries in kwarteind
Die Florries speel nou teen Waterkloof - Foto: Marius Nortjé

Florida is weer op koers nadat hulle die Hoërskool Middelburg Saterdag in Florida 54-22 geklop het om tot die kwarteindronde van die Beeldtrofee deur te dring.

Juan Vos was een van die uitblinkers met sy 15 punte wat ‘n drie, twee doelskoppe en twee strafdoele ingesluit het. Hy het die tuisspan se eerste drie gedruk maar te veel foute aan Florries se kant is deur Middelburg se Juan van der Merwe in punte omskep om binne bereik te bly.

Florida se Eugene Nel en Wian Fourie het in die eerste helfte agter die doellyn gekuier en Vos was suksesvol met die doelskoppe. Die besoekers het egter vinnig geantwoord toe Anele Blaauw twee keer gedruk het en Van der Merwe een verdoel het.

Halftyd was die wedstryd nog in die weegskaal met die tuisspan 22-15 voor.

Maar na rustyd het die Florries die een na die ander beurte gemaak om te druk – Tsepo Mookie en Brandon Barkley elk twee keer en daarna Dominic Weir vir die Florries se agtste drie.

Punte:

Florida: Drieë: Tsepo Mookie (2), Richard van Vuuren (2), Juan Vos, Eugene Nel, Wian Fourie, Dominic Weir. Doelskoppe: Vos (2), Mookie (2). Strafdoele: Vos (2).