2010-7-30
 Wesley Roberts het met al sy skoppe geslaag - Foto: Michael Dick Die Universiteit van Johannesburg het die Pirates Groot Uitdaagliga so te sê Vrydagaand hul eie gemaak met ‘n naelskraapse oorwinning van 31-29 oor Raiders.
Raiders het in die laaste sekondes ‘n kans gehad om gelyk te trek, maar Anvor Schooney, wat heelaand skitterend geskop het, kon nie met die doelskop uit die hoek uit slaag nie.
Die Universiteit se nuwe losskakel Wesley Roberts het op sy beurt nie met ‘n enkele skop op die sopnat veld misluk nie. Hoewel dit naelskraap was het die Studente vier drieë gedruk vir ‘n bonuspunt, terwyl Raiders net een punt verdien het deur met minder as sewe te verloor.
Die Universiteit se bene het teen die einde, toe die wedstryd Dinsdagaand teen die Pukke sy tol begin eis het, begin moeg word en Raiders het ‘n drie in die hoekie gedruk wat hulle kon laat gelyktrek.
Yssel Swanepoel en Danny Botha het vir die tweede keer verlede week gedruk terwyl JP Olivier ‘n dryfdrie afgerond het en Wendel Wehr onder die pale gedruk het.
Punte:
UJ: Drieë: Yssel Swanepoel, Wendel Wehr, Danny Botha, JP Olivier. Doelskoppe: Wesley Roberts (4). Strafdoel: Roberts. |