2009-9-25
Valke ken g'n keer nie
Christiaan Els

Vir die Valke is die vraag nie hoe om drieë te druk nie, maar hoe om te keer dat hul teenstanders drieë druk wanneer hulle Saterdag in Kemptonpark teen die Arende te staan kom.

Die Arende is juis op ‘n missie om drieë te druk om hul Promosiedroom lewendig te hou.

Die Valke het vanjaar 22 drieë gedruk, vyf meer as die Arende wat die minste drieë in vanjaar se kompetisie gedruk het, maar hulle het ‘n allemintige 60 afgestaan.

Dit is twee keer meer as die Griffons en Bulldogs en die grootste rede waarom hulle al agt hul wedstryde verloor het en verseker met die houtlepel sal wegstap.

Vir die wedstryd word Christiaan Els weer op losskakel ingespan nadat hy teen die Olifante op kort kennisgewing daar moes uithelp.

Mens kry die paar kwaliteitspelers in die Rooi Trui jammer want hulle word opgesit om slae te kry.

Dié naweek is hulle nog swakker nadat twee van die UJ se spelers besluit het om hulself nie weer beskikbaar te stel nie.

Valke vs. Eagles: Jannie van der Merwe; Wensley Mbanje, Franco Booysen, Anthony Klonaridis, GD Kotzé; Christiaan Els, Corné Uys; Liebrecht Gericke, Francois van Wijk, Quinten Petzer, Bovril de Bruin ©, Bosman Grobler, Lourens Grobler, Tango Gatya, Sean Johnson. Reserwes: BB Hefer, KP du Plessis, Tiaan Fick, Calvin Jantjes, Alvandré Maart, Tsepo Kokoali, Veli Radebe.