2010-7-30
Dowwe Div
Pieter de Villiers staan alleen - Foto: Gallo Images

Sanzar het die Springbokafrigter Pieter dof Villiers aanstaande week voor ‘n tugkomitee gedaag oor beweerde aanmerkings wat die spel in onguns gebring het.

De Villiers se los tong het hom weer in die sop nadat hy sekere opmerkings op Australiese televisie gemaak het waarin hy beweer dat daar ‘n skeidsregter-sameswering was wat die All Blacks in die eerste twee Drienasietoetse bevoordeel het.

De Villiers het gesinspeel dat die blasers die Nieu-Seelaners bevoordeel het om die Wêreldbekertoernooi aanstaande jaar te bemark.

Sanzar het ‘n amptelike skrywe aan Saru gerig oor De Villiers se uitsprake en nadat hulle die Suid-Afrikaanse antwoord bestudeer het, besluit dat daar moontlike gronde is dat hy die spel in oneer gebring het.

De Villiers sal die keer alleen in die spervuur staan en nie op sy Suid-Afrikaanse broers kan staatmaak om die kaiings weer uit die vuur te krap nie.

Die besonderhede oor die tugverhoor, wat aanstaande week sal plaasvind, moet nog aangekondig word.