2010-2-8
 Trekker van Tonder Tukkies Die Universiteit van Johannesburg 34, die Universiteit van Pretoria 34. Die wipplankstryd Maandagaand op LC de Villiers tussen UJ en Tuks het gelykop geëindig nadat die twee spanne gereeld om die beurt voorgeloop het.
Die Johannesburgers se losskakel André Smith het in die doodsnikke met die belangrike gelykmakende strafdoel geslaag om die wedstryd vir sy span te red.
Smith het al vier die UJ se drieë verdoel en met twee strafdoele geslaag vir sy beste vertoning nog in die Oranje trui.
Tuks het eerste bloed geruik en voor jy kon sê Tuks het die regtervleuel Deon Helberg in die hoekie oorgeduik. En voor jy weer kon sê Niks duik Helberg weer in dieselfde hoekie oor na ’n skitterende buitegaping van Franco Booysen.
‘n Drie deur die Johannesburgers se kaptein Pagina de Klerk het die voorsprong laat krimp voordat Lolo Waqa die Aucklandparkers vir ‘n wyle laat voorloop het. Kort daarna het Tuks se linkervleuel Justin van Staden vyf punte bygevoeg met ‘n pagtige hinkstap-drie aan die linkerkant van die veld.
Tukkies was rustyd weer 17-14 in die saal maar Smith het gou daarna gelykgemaak voordat Justin Wheeler naby sy kwartlyn onderskep en wiele gewys het vir ‘n drie sonder ‘n verdediger naby.
Van die afskop het Tuks se kaptein Shaun Davids minstens drie Raukies laat wind laat gryp om onder die pale te druk met sy hele agterlyn langs hom.
Weer was dit gelykop, 24-elk.
‘n Van Staden strafdoel reg voor die pale het die Tuks-ondersteuners, soos die heelaand, beserk laat gaan.
Maar toe druk Edgar Marutlulle ‘n drie na die UJ groot druk op die Tukkies toegepas het en skielik is die Johannesburgers weer voor: 31-27.
En toe die oomblik wat die Johannesburgers die wedstryd gekos het.
Die sondaar? Earl Lewis, wat met ‘n belaglike skepskop binne sy eie halfgebied losgetrek het en teen Franco Booysen vasgeskop het wat die finale spyker in die UJ se kis gekap het.
Punte:
UJ: Driee: Lolo Waqa, Pagina de Klerk, Justin Wheeler, Edgar Marutlulle. Doelskoppe: Andre Smit (4). Strafdoele: Smit (2).
Tuks: Driee: Deon Helberg (2), Justin van Staden, Shaun Davids, Franco Booysen. Doelskoppe: Van Staden (3). Strafdoel: Van Staden.
|