SupaRugby.com - Logo


Valke
Namibiese helde teen Sharks
2010-6-22
Die Namibiër Chrysander Botha, wat pas die wendrie in die Nasiebeker in Roemenië gedruk het, en sy landgenoot Llewellyn Winkler is op die Valke se bank ingesluit vir Vrydagaand se verpligte vriendskaplike stryd in Nigel teen die Sharks.
View full screen
Namibiërs versterk Valke
2010-5-25
Die Valke sal vir die Curriebeker deur twee Namibiërs, die langbeen-heelagter Chrysander Botha (foto) en die vleuel Llewellyn Winkler en die Bolandse senter Ernie Kruger versterk word.
Horn laat Valke gaffel
2010-4-15
Die losskakel Gido Horn begin Saterdag in Kemptonpark die eerste keer die seisoen vir die Valke nadat hy vroeër vanjaar ‘n draai by die Puk Rugbyinstituut gemaak het.
Valke kies oud-Puk
2010-4-8
Die oud-Puksenter Carel van Lill maak Vrydagmidag in Welkom sy buiging vir die Valke teen die Griffons in ‘n herskommelde agterlyn terwyl Nico Claasen, wat in die eerste paar wedstryde op vleuel uitgehelp het, terug is op flank.
Valke se vlerke geknip
2010-3-26
Die Valke se vlerke is geknip en hul naels gevyl vir hul stryd Saterdag in Pretoria teen die Blou Bulle met albei hul beste spelers, die agtsteman Reg Muller en die kaptein en flank Warren Perkins, op die krukkerlys.
Horn weer ’n Valk
2010-3-17
Die oud-Valk Gido Horn draf Saterdag in Windhoek vir die Valke teen die Namibiese Welwitchias op losskakel uit. Die Kemptonparker het die Valke verlede jaar nege keer verteenwoordig terwyl hy nog ‘n junior was.
Muller kry groen lig om te speel
2010-3-4
Die Valke se Reg Muller het die groen lig gekry om Saterdag in Nigel teen die Leeus te speel na sy twee geel kaarte die afgelope naweek teen die Pumas.

Recent News



Ranch Furnitures
Ranch Furnitures
Stormers Sharks Springboks Cavaliers Eagles Mighty ElephantsLionsBlue BullsCatsBullsGriffonsPumasCheetahsLeopardsFalcons